Ons maak gebruik van welige grasperke na die seremonie. Ons raai aan dat dames gepaste skoene dra soos ‘n blokhak.

Kan ek ‘n metgesel of kind saambring?

As gevolg van beperkte ruimte van die kapel en onthaalarea, kan ons slegs gaste akkomodeer wat per naam genoem word.

Die kapel en onthaalsaal is op dieselfde perseel, loopafstand van mekaar!

Die seremonie begin 15:00, ons beveel aan dat gaste vanaf 14:30 begin arriveer en hul plek in die kapel inneem.

Ons vra dat gaste geen foto’s of video’s neem tydens die seremonie nie. Ons fotograaf en videograaf sal verseker elke oomblik vasvang!

Julle teenwoordigheid is vir ons die grootste geskenk, maar indien julle ons wil bederf met iets ekstra vir ons wittebrood, hier is die bank besonderhede: 

Bank: Investec Bank Limited

Tak: 100 Grayston Drive,

Sandton

Takkode: 580105

Rekening nommer: 50024255946

Rekening tipe: Lopende rekening

Het jy nogsteeds vrae?

Voel vry om ons te WhatsApp of om ons te email op joostewedding@icloud.com